Hier is Deel 2 van die Bob Evers-reeks, die avontuurlike vervolg op Avonture in die Stille Suidsee, waarin Bob Evers en sy vriende Jan Prins en Arie Roos skipbreuk gely, in die hande van muiters geval en op ’n onbewoonde eiland beland het. „Dis die soort ding waarvan ons altyd gedroom het,” het Arie ná hul eerste dag op die eiland gesê, „en hier is ons nou.” Maar die bestaan op ’n afgeleë eiland is nie so maklik nie, soos die drietal gou genoeg agterkom. Waar moet hulle genoeg kos vir drie honger seunsmae kry, hoe moet huile maak om huisvesting te vind en hoe leef hulle byna sonder toerusting op so ’n verlate plek? Vir al hierdie vraagstukke vind die vernuftige drietal mettertyd oplossings wat elke jong leser se verbeelding sal aangryp. Maar dan kom die muiters terug en die poppe begin met mening dans. Skermutselinge met die boewe lei tot nagtelike besoeke aan ’n gesteelde jag, die ontdekking van ’n raaiselagtige wrak, en die seuns se planne om die muiters in hul eie skuilplek te gaan opspoor.
Drie Seuns op ’n Onbewoonde Eiland is ewe spannend en humoristies soos die eerste boek in die reeks.
Description:
Hier is Deel 2 van die Bob Evers-reeks, die avontuurlike vervolg op Avonture in die Stille Suidsee, waarin Bob Evers en sy vriende Jan Prins en Arie Roos skipbreuk gely, in die hande van muiters geval en op ’n onbewoonde eiland beland het.
„Dis die soort ding waarvan ons altyd gedroom het,” het Arie ná hul eerste dag op die eiland gesê, „en hier is ons nou.”
Maar die bestaan op ’n afgeleë eiland is nie so maklik nie, soos die drietal gou genoeg agterkom. Waar moet hulle genoeg kos vir drie honger seunsmae kry, hoe moet huile maak om huisvesting te vind en hoe leef hulle byna sonder toerusting op so ’n verlate plek? Vir al hierdie vraagstukke vind die vernuftige drietal mettertyd oplossings wat elke jong leser se verbeelding sal aangryp.
Maar dan kom die muiters terug en die poppe begin met mening dans. Skermutselinge met die boewe lei tot nagtelike besoeke aan ’n gesteelde jag, die ontdekking van ’n raaiselagtige wrak, en die seuns se planne om die muiters in hul eie skuilplek te gaan opspoor.
Drie Seuns op ’n Onbewoonde Eiland is ewe spannend en humoristies soos die eerste boek in die reeks.